(Weer) Begin met Tuisskool




Jy het genoeg navorsing gedoen, en nou het jy die besluit geneem!

Geluk – dit is die eerste stap!

Nou is daar waarskynlik horde vrae in jou kop:

  • Hoe moet ek nou eintlik begin met tuisonderrig?
  • Wat doen ons?
  • Waar begin ek en met wat?
  • Wat is die basiese dinge?
  • Wat doen ek môre?

Op hierdie bladsy sal jy die eerste 10 stappe tot oorlewing leer vir ‘n gemakliker reis vorentoe.

Meer detail sal ontwikkel soos jy meer navorsing doen en die 7stap proses tot tuisskool verbetering implementeer.





10 Stappe vir Wanneer Jy Besluit om te Tuisskool


1. Ontspan!


2. Gaan aan met jou huislewe soos normaalweg.

Of as dit nie normaal was nie, probeer om gesonde roetines te ontwikkel soos gereelde etenstye, huisskoonmaak en wasgoed tye, badtye en gesin saamwees tye.


3. Organiseer jou huis deur spasies, plekke en tye beskikbaar te maak vir tuisskool (dit mag self ‘n tydjie neem – dae, weke of selfs maande).


4. Vereenvoudig jou huis – nou is die tyd om jou huis op te ruim, en onnodige goed weg te gooi.

Betrek jou kinders in die proses as hulle oud genoeg is om te help.


5. Moenie nou al kurrikulum koop wat jy nog nie goed deurdink het nie.


6. Investeer in goeie kwaliteit boeke of ‘stuff’ vir jou kind(ers) oor wat ook al hulle interesseer.


7. Laat toe en moedig produktiewe vrye tyd soveel as moontlik aan.


8. Hê leestye saam met kinders – alleen en ook saam, geskeduleer of onbepland, lees hardop of stil. Lees enigeiets wat jou gesin waardig ag.


9. Investeer in goeie tuisskool boeke vir jouself om te lees (en weer te lees). Investeer in Homeschooling Curriculum Guides of sien Boeke aanbeveel.


10. Hê beplanning en dinktye – in hierdie eerste ruk bestudeer die 7stap proses tot verbetering en doen die 7 stappe se huiswerk.


(vir hulp met organisasie en vereenvoudiging kry die boek hieronder)

(kry eerder 'n idee wat iemand anders doen bv. in die boek hieronder deel ek my Persoonlike Eklektiese kurrikulum)

(werk deur die 7-Stap proses in die boek hieronder)




Leer die nuwe woordeskat vir die tuisonderrig wêreld, sodat jy nie heeltemal verlore is as jy oor tuisonderwys lees nie...


Lees ook hierdie Foute om te vermy deur ‘n ervare ma van 10!




Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad