Kinderontwikkeling Fases om Jou te Help Fokus




Hoekom is 'n begrip van kinderontwikkelingsfases belangrik op 'n webtuiste oor tuisonderrig?


Wel, as jy weet in watter fase jou kind nou is, kan dit jou help onderskei waarop om nou te konsentreer.


Te veel ouers dink dat tuisonderrig slegs fokus op die akademie wat in gewone skole aangebied word.

Maar tuisskool is SOVEEL MEER as net die akademie… Dit is die goeie nuus!


Dit gaan eintlik oor 'n totale tuis opvoeding, insluitende aandag gee aan die

  • fisiese,
  • sosiale,
  • emosionele,
  • intellektuele en
  • geestelike ontwikkeling wat jou kind nodig het.


Dit gaan nie net oor die akademiese kant nie.

Ons as tuisskolers kan die groter prentjie hê, van waarin ons wil hê ons kinders moet ontwikkel en groei.

Ons kan saamgroei in dit wat God vir ons beplan.




Om te weet hoe om die omgewing te skep vir 'n beter leer ervaring word die volgende 4 hoof fases hier onderskei.

Llees meer oor doelwitte vir elke fase, idees hoe om te doelwitte te bereik en boeke wat gehelp het deur op name te kliek!




Koop die

Homeschooling Guide

on

Child Development phases

vir meer inligting oor elke fase!

Die wonderlike BABA en VOORSKOOL fase (0-5jr)

preschooler

Gedurende hierdie fase is my leuse “Hê 'n LEWE EN BETREK JOU KIND DAARIN”. Om 'n lewe te hê beteken nie om 'n werk te hê nie, dit beteken om 'n huis en 'n tuin te hê om op te pas en te skep; om na plekke te gaan; om mense te besoek; om in die natuur uit te kom; om boeke te lees; dinge doen, speel, musiek luister, bak en kook - wat ook al die woord lewe vir jou beteken.

Hierdie fase is wonderlik omdat babas en peuters so baie leer deur waarneming, ontdekking en doen! Doen dus net klomp lekker opwindende dinge en laat jou kind deel wees daarvan. En moenie nalaat om jou kind baie vas te hou nie!



Die besige BEGINNER FONDASIE fase (6-9jr)

child

In hierdie fase is die kind besig om gereed te word vir formele leer - maar moenie haastig wees nie...elke kind het sy eie pas.

Om te leer lees en skryf en 'n wye woordeskat opbou is die ding om te doen en as jy genoeg “INDIVIDUELE AKADEMIESE AANDAG” aan jou kind gegee het om 'n soliede fondasie te lê in hierdie fase sal dit vrugte afwerp in die later jare.



Die opwindende KIND OORGANG fase (10-13jr)

preteen

Nou is die kind geínteresseerd in die kry van kennis oor allerhande vakgebiede en velde, “MOEDIG AAN EN ONDERSTEUN” hierdie soeke na kennis deur die omgewing te bied waarin baie kennis gekry kan word. Of hierdie insluit baie boeke, of 'n werkswinkel, of toerusting of sagteware of sport of wat ook al die belangstelling mag wees.

Jy mag besluit watter kennis areas belangrik en nodig is, maar moenie te omgekrap voel as jou kind nie in alles belangstel nie…en ja, dit is die uitdaging vir ons almal – om te besluit wat is regtig belangrik en nodig om te leer en wat is dalk net 'n mors van tyd.



Die begeleiding met JONG VOLWASSENE fase (14-18jr)

Ek glo dat hierdie fase die beloning moet wees op wat gesaai is in die vroeër jare….gedurende hierdie fase is jou jong volwassene besig om sy/haarself voor te berei vir die regte grootmens wêreld daarbuite, en jy moet die leiding verskaf in hierdie proses.

Die wêreld is vol uitdagings en daarom is dit juis nodig om met WYSHEID te deurdink wat is regtig die belangrike lewensvaardighede, akademiese vaardighede, sosiale vaardighede en WYSHEID wat jou kind werklik nodig het om produktief in die regte wêreld te funksioneer.

Dit is gedurende hierdie fase dat die jong volwassene meer moet ontdek wie hy/sy is en sy/haar individuele potensiaal om te begin om voor te berei vir wat om te doen (en om nie te doen nie) met hulle lewens.

Dit is 'n hartseer feit dat die meeste kinders ouderdom 18 jaar, op die punt om die volwasse wêreld binne te gaan, nie die vaagste benul het wie hulle is, waarheen hulle oppad is, of wat hulle uit die lewe wil hê nie. Hulle dryf eenvoudig deur die lewe sonder rigting of doel. Moenie dat dit met jou kind gebeur nie.



Terug na Tuisskool Kurrikulum Gids Afrikaans tuisblad