Ontdek Jou Lewensdoel
Kurrikulum vir Kinders











God Idee Produksies het ‘n visie om elke kind (in Suid Afrika, Afrika en die wêreld) te sien floreer in die wete dat hy/sy ‘n God-idee is.

Ingesluit hierby is om ouers te betrek by julle kinders se geestelike opvoeding, om sodoende ouer-kind-verhoudinge te herstel.

Hulle missie is om kinders van 6-14 jarige ouderdom te help om hulle gawes, talente, roeping, visie en seëninge te ontdek sodat hulle vervulde, geseënde lewens kan lei, deur die gebruik van God-Idee materiaal en mentors.

“Elke kind is ‘n God Idee.”

Elke kind is uniek geskep met die gawes, talente en persoonlikheid om ‘n geseënde lewe te kan geniet.

Hier is ‘n Kurrikulum en ‘n Joernaal wat die kind begelei na ‘n gelukkige lewe en ‘n besondere roeping in God.

Skrywer Hettie Brittz sê,

Hierdie is die eerste produk wat ek sien wat ouers prakties wys hoe om hulle kinders geestelik op te voed.



GOD IDEE se Produkte reeks sluit in:


Ek is ‘n God Idee Kurrikulum

‘n Veertig-les kurrikulum wat ouers/onderwysers kan gebruik om kinders te begelei na ‘n geseënde lewe.

Dit bestaan uit ‘n Ouer handleiding en ‘n Kinder werkboek. Hierdie twee boeke maak dit maklik, pret en interaktief om jou lewensdoel te ontdek!

Koste R300.


My Joernaal van Seënwense

Hierdie is ‘n prettige, interaktiewe joernaal wat die hele gesin betrek.

Hierdie joernaal begelei ouers om kinders te ondersteun om hulle persoonlike visie te ontdek.

Koste R80.




God Idee Produksies bied ook persoonlike visie seminare en kurrikulum opleiding sessies aan vir belangstellende fasiliteerders, ouers en onderwysers.

Kontak Naomi Bezuidenhout op 0829201438 (in Suid-Afrika) of besoek hulle webtuiste GodIdeas.co.za.