About Us      Contact Us      Products and Services   



Omvattend Afrikaans
Graad 1 -
Leer Afrikaans
deur
Letterkunde


(volledige Ouerhandleiding en Student Werkboek met 25 leesboekies ingesluit)

'n Omvattende Afrikaanse taalprogram insluitende elemente van lees en skryf, luister en bespreek, begripsontwikkeling, taalleer en woordeskat, poësie en kreatiewe werk

Kenmerke

  1. ‘n Volledige program – alle elemente van taal word aangespreek en alle voorgeskrewe boeke is deel van die program – dit spaar u dus tyd en moeite om self goeie Afrikaanse boeke te gaan soek en nog aan te koop.
  2. Uniek ontwikkel – met goeie Afrikaanse letterkunde as basis waaruit taal elemente geleer word en kinders dus ook so meer lees.
  3. ‘n Nuwe benadering –dit is nie net nog ‘n werkboek nie, dit is ‘n ontdekking van Afrikaans as ons taal
  4. Maklik om te gebruik - al die voorbereidingswerk is klaar gedoen vir u as ouer/instrukteur. in ʼn formaat wat maklik is om te volg en wat min of geen voorbereiding verg nie.
  5. Doeltreffend – die kind/studente se selfvertroue groei soos wat hulle ʼn liefde vir lees leer.




Volledige program sluit in
Ouerhandleiding/Werkboek (270 bladsye) asook 25 leesboekies vir slegs R700 tot en met 8 Des 2017 waarna pryse opgaan (koerier koste binne SA ingesluit)
Sien uittreksels van werkboek en leesboekies hieronder

Eerste klanke (lees en skryf)

Samestellings (leer in diepte diftonge, dubbelklanke, klankwaardes ens.)

Leer gedigte en kleur oorspronklike prente in (sommer baie deur die loop van die jaar)

Lees unieke leesboekies binne eerste paar weke ! Leesboekies oefen klanke wat geleer is in.

Sluit die jaar af deur pragtige volkleur leesboekies te lees met hersiening van alles deur jaar geleer.


Omvattend Afrikaans Graad 1 Bestel vorm

Please note that all fields followed by an asterisk must be filled in.
Omvattend Afrikaans Gr2
Omvattend Afrikaans Gr3

Sien ook die Omvattend Afrikaans Graad 2 program en/of Omvattend Afrikaans Graad 3 program vir verdere leer van Afrikaans deur letterkunde !

Kliënte Terugvoer

Groete uit Zambië! Ons meisiekind geniet die ongelooflik baie en lees rympies en stories dat ons haar soms moet stilmaak! (Lussna)


Ons geniet jou Gr1 Omvattend Afr baie. Die lessies is lekker en maklik om mee te werk. Veral die rympies daarby en inkleur van prentjies verskaf baie pret na die les afgehandel is.


Ons gebruik die Graad 1 pakket. Lesse is kort en kragtig en baie goed uiteen gesit met baie gediggies ens ingewerk met oulike leesboekies!
O ja... en baie waarde vir geld!


Baie baie dankie vir die pragtige pakkie. Ons gebruik dit alreeds en geniet dit baie. Dis maklik uiteengesit en verg min moeite. Dankie dat jy dit moontlik gemaak het. (Lizelle)


Wat ek baie hou van die program is die verskeidenheid klanke, ook moeilike klanke en woorde wat geleer word en dat die volume werk nie so vreeslik baie is maar tog baie effektief. Sy kan baie moeiliker woorde al lees as wat sy geleer het met ‘n ander kurrikulum.


Lessies is kort en oulik. Met rympies en ander aktiwiteite tussen in. Regtig ‘n goeie belegging vir min geld.


Die rympies en prentjies of geleentheid om te teken is ook baie oulik vir 'n Graad 1 kind.


Ons geniet dit vreeslik baie. My seuntjie is veral mal oor die gediggies.


Die klei en woordbou werk uitstekend vir beide visuele en kinestetiese leerders, dus albei my seuns het daarby gebaat. My oudste verkies om by sommige woorde prentjies te teken in sy skryfboek, en die het hom baie gehelp om woorde te onthou en later toe hy begin lees het.


Ons geniet die Graad 1 program en die leesboekies. Dit is so lekker om ‘n program te hê wat geskryf is juis vir tuisonderrig en nie vir ‘n klaskamer nie.


Ek hou daarvan want alle dele van die taal is in een boek gekombineer, taalleer, skrif, begripstoets, spelling, lees ens. Ons doen Omvattend Afrikaans en dis regtig baie goed! Kan regtig met n glimlag aanbeveel. (Marzanne)