Omvattend Afrikaans
Graad 2
Leer Afrikaans
deur Letterkunde

(Ouerhandleiding/Werkboek met 40 leesstories ingesluit)

'n Omvattende Afrikaanse taalprogram van Graad 1 tot 3 insluitende al die elemente van:

  • lees (foneties) en skryf,
  • luister en bespreek,
  • begripsontwikkeling,
  • taalleer en woordeskat,
  • poësie en kreatiewe werk.

Kenmerke


1.   ‘n Volledige program – alle elemente van taal word aangespreek en alle voorgeskrewe boeke is deel van die program; dit spaar u dus tyd en moeite om self goeie Afrikaanse boeke te gaan soek en nog aan te koop.


2.   Uniek ontwikkel – met goeie Afrikaanse letterkunde as basis waaruit taal elemente geleer word en kinders dus ook so meer lees.


3.   ‘n Nuwe benadering –dit is nie net nog ‘n werkboek nie, dit is ‘n ontdekking van Afrikaans as ons taal.


4.   Maklik om te gebruik - al die voorbereidingswerk is klaar gedoen vir u as ouer/instrukteur, in ʼn formaat wat maklik is om te volg en wat min of geen voorbereiding verg nie.


5.  Doeltreffend – die kind/studente se selfvertroue groei soos wat hulle ʼn liefde vir lees leer.



Volledige program sluit in:

  • Ouerhandleiding/Werkboek (245 bladsye)
  • 1 Storieboek met 40 stories

vir slegs R770 (koerier koste binne SA ingesluit).
Sien uittreksels van werkboek en leesboek hieronder.

Die basis van die program is elke dag se LEES werk. Lees deur die jaar 40 Afrikaanse stories saamgestel uit klassieke Afrikaanse boeke van ouds!

Die stories help 'n kind om vlot te lees, en deur loop van die jaar sal sy selfvertroue en liefde vir lees groei. Fabels het lesse, dierestories is interessant en sommige is net sommer snaaks, maar elkeen word bespreek om begrip te ontwikkel.

Hersiening van werk in die Omvattend Afrikaans Gr1 program.

Lees, besprekings, woordeskat uitbreiding, spelling, kreatiewe skryf en taalleer in elke les wat aansluit by storie gelees.

Ontwikkel hoër orde denke en begin met navorsing vaardighede deur taaloefeninge en interessante projekte.

Gedigte is gereeld deel van die lesse en kind leer ook Afrikaanse Idiome en Intensiewe vorme wat gemaklik deel is van letterkunde.

Assesserings elke kwartaal.


Omvattend Afrikaans Bestelvorm

Please note that all fields followed by an asterisk must be filled in.

Sien ook die Omvattend Afrikaans Graad 1 program en/of Omvattend Afrikaans Graad 3 program vir verdere leer van Afrikaans deur letterkunde!

Besoek gerus Omvattend Afrikaans op Facebook!

Ons geniet en waardeer wanneer mense hulle Omvattend Afrikaans leerproses deel.