Voordele en Nadele van Tuisskool





‘n Vinnige kykie na die voordele en nadele van tuisskool sal jou laat sien dat hoe jy die stellings interpreteer het te doen met watter bril jy aanhet.


Ek neem aan dat as jy hierdie lees, jy ‘n liefdevolle ouer/voog is wat van jou kind(ers) hou, en tyd saam met hulle wil spandeer en graag wil leer.


Die lys hieronder is slegs inleidend, vir volledige lys sien die boek  Homeschooling Guide Considering Home Education hieronder.


VOORDELE VAN TUISSKOOL NADELE VAN TUISSKOOL
Baie vervullend – soos jy groei in die regte ding en groei in die wete daarvan Dit gaan jou lewenstyl verander want dit verg ‘n toegewyde besluit meer as net iets wat jy net byvoeg by jou huidige skedule
Jy kan jou kind oplei in die weg wat hy/sy moet gaan vir wat hom/haar pas Verg emosionele energie (want jy is nou meer saam met jou kinders….)
Jy kan die harte van jou kind(ers) bereik Verg konflik hantering strategieë en energie


‘n Ander interessante vergelyking om oor te dink is die verskille tussen die skool stelsel en tuisskool.

As jy dink dit is dieselfde met die enigste verskil die plek waar dit plaasvind, lees aan en ontdek die GROOT belangrike verskille.

Hierdie mag weldra DIE REDES raak vir jou om te besluit om jou kind te tuisonderrig.


TUISSKOOL TRADISIONELE SKOOL STELSEL
‘n Individu met ‘n fokus op die ontwikkeling van die totale mens Deel van ‘n groep en moet aan die groep standaarde konformeer wat individuele groei beperk
Omgewing is ontwerp om nuuskierigheid en kreatiwiteit te stimuleer en leer Stelsel is ontwerp vir orde, regulering en beheer
Omgewing is ontwikkel om ‘n kind se individuele sterk punte (bv. begaaftheid) en swak punte (spesiale behoeftes) te akkommodeer asook hy/sy pas van leer Stelsel is ontwikkel om die gemiddelde leerder te akkomodeer, so die stadige en vinnige leerders word gefrustreer


Koop die

Homeschooling Guide

on

Considering Home Education

vir meer volledige inligting!



Sommige van die inligting is opgesom vanuit die book Educating the wholehearted child deur Clay and Sally Clarkson (1973). Hierdie boek word behandel in Aanbevole leesstof.


Successful homeschooling is een van die mees volledige webtuistes waarop lyste van voordele en probleme met tuisskool gevind is.

Sien ook die vergelyking van publieke skool teenoor tuisskool op die webtuiste. Uitstekende bron vir inligting oor tuisskool!




Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad