Omvattend Afrikaans

'n Omvattende Afrikaanse taalprogram van Graad 1 tot 3 insluitende al die elemente van:

  • lees (foneties) en skryf,
  • luister en bespreek,
  • begripsontwikkeling,
  • taalleer en woordeskat,
  • poësie en kreatiewe werk.
omvafr reeks foto


Kenmerke


1.   ‘n Volledige program – alle elemente van taal word aangespreek en alle voorgeskrewe boeke is deel van die program; dit spaar u dus tyd en moeite om self goeie Afrikaanse boeke te gaan soek en nog aan te koop.


2.   Uniek ontwikkel – met goeie Afrikaanse letterkunde as basis waaruit taal elemente geleer word en kinders dus ook so meer lees.


3.   ‘n Nuwe benadering –dit is nie net nog ‘n werkboek nie, dit is ‘n ontdekking van Afrikaans as ons taal.


4.   Maklik om te gebruik - al die voorbereidingswerk is klaar gedoen vir u as ouer/instrukteur, in ʼn formaat wat maklik is om te volg en wat min of geen voorbereiding verg nie.


5.  Doeltreffend – die kind/studente se selfvertroue groei soos wat hulle ʼn liefde vir lees leer.




Vir voorbeelde van Inhoud en bladsye kliek op toepaslike program:

Graad Een

R990 alles ingesluit

Graad Twee

R770 alles ingesluit

Graad Drie

R880 alles ingesluit

Koerierkoste (binne SA) is ingesluit in prys.

Kry AFSLAG op meer as een program bestellings!  (bv. spaar 20% as jy al 3 programme gelyktydig bestel)

Kontak my ook gerus as jy meer as een kind het om slegs nog Werkboeke te bestel.

Omvattend Afrikaans Bestelvorm

Please note that all fields followed by an asterisk must be filled in.

Besoek gerus Omvattend Afrikaans op Facebook!

Ons geniet en waardeer wanneer mense hulle Omvattend Afrikaans leerproses deel.