Omvattend Afrikaans
Graad 3
Leer Afrikaans deur Letterkunde

(Ouerhandleiding met 3 leesboeke ingesluit)

gr3 voorblad

'n Omvattende Afrikaanse taalprogram van Graad 1 tot 3 insluitende al die elemente van:

  • lees (foneties) en skryf,
  • luister en bespreek,
  • begripsontwikkeling,
  • taalleer en woordeskat,
  • poësie en kreatiewe werk.


Kenmerke


1.   ‘n Volledige program – alle elemente van taal word aangespreek en alle voorgeskrewe boeke is deel van die program; dit spaar u dus tyd en moeite om self goeie Afrikaanse boeke te gaan soek en nog aan te koop.


2.   Uniek ontwikkel – met goeie Afrikaanse letterkunde as basis waaruit taal elemente geleer word en kinders dus ook so meer lees.


3.   ‘n Nuwe benadering –dit is nie net nog ‘n werkboek nie, dit is ‘n ontdekking van Afrikaans as ons taal.


4.   Maklik om te gebruik - al die voorbereidingswerk is klaar gedoen vir u as ouer/instrukteur, in ʼn formaat wat maklik is om te volg en wat min of geen voorbereiding verg nie.


5.  Doeltreffend – die kind/studente se selfvertroue groei soos wat hulle ʼn liefde vir lees leer.



Volledige program sluit in:

  • Ouerhandleiding (120 bladsye)
  • 3 leesboekies 

vir slegs R880 (koerier koste binne SA ingesluit).

Sien uittreksels hieronder.

gr3 boeke

Die Gr3 program se fokus is steeds om vlotlees vaardigheid te ontwikkel en aan te moedig met lees in elke les.  


Boekstudies word ook nou meer formeel gedoen met 3 interessante leesboekies, waarvan een 'n besondere aanwins is wanneer die kind deur rympies meer van ons diereryk leer!


Die lesse is gebaseer op die beginsel van elke dag 'n bietjie doen teen 'n gemaklike pas wat kan aanpas soos die kind wil. In hierdie boek word heelwat kopieer sowel as diktasiewerk gedoen en die kind doen dit in sy eie werkboek sodat u net een maal die program hoef aan te koop.


Teen die einde van die program sal die kind met gemak Afrikaans kan lees en skryf.

(kliek op fotos om groter te sien) 

Assesserings elke kwartaal en antwoorde word verskaf. (kliek vir groter)


Omvattend Afrikaans Bestelvorm

Please note that all fields followed by an asterisk must be filled in.

Sien ook die Omvattend Afrikaans Graad 1 program en/of Omvattend Afrikaans Graad 2 program vir verdere leer van Afrikaans deur letterkunde!

Besoek gerus Omvattend Afrikaans op Facebook!

Ons geniet en waardeer wanneer mense hulle Omvattend Afrikaans leerproses deel.