Lees hier wat sê
Omvattend Afrikaans kliënte




Ons is mal oor die KOMPAKTHEID van die program. My jonger kinders begin nou weer en as 'n ma van 6 kan ek nie sonder so 'n ALLES IN EEN program nie. (Karin)


Die SISTEMATIESE dog genotvolle lesse bring vir my baie gemoedsrus. Ek kan sien hoe hy VORDER. (Rea)


Ek het by verskeie ander ouers verneem dat Omvattende Afrikaans n VARS BENADERING is wat moedelose ouers en ongeinspereerde kinders weer lusmaak om hul eie taal te ontdek. (Johanida)


Wanneer daar, op enige platform, gesoek word na ‘n goeie Afrikaanse program, word Omvattende Afrikaans ALTYD MET LOF VOORGESTEL. (Lizaan)


Dit is so lekker om ‘n program te hê wat geskryf is juis vir tuisonderrig en nie vir ‘n klaskamer nie.


Die boeke is uiteengesit op 'n VERSTAANBARE en leesbare manier.(Bianca)


Ek is dankbaar dat alles bymekaar is, dat daar BEGELEIDING is vir elke stap wat gevolg moet word, en dat dit oopmaak en aangaan is - dat dit feitlik GEEN VOORBEREIDING vereis nie. Wonderlike kurrikulum! (Yvette)


My dogtertjie geniet die werkies in die boek baie en sy is gaande oor die OULIKE klein lees boekies met die oulikste stories. Ek is so TEVREDE met die program. (Natasha)


Dis 'n FANTASTIESE program, dit help my gestremde seun wat sukkel met aandag afleibaarheid. (Jacqueline)


Lesse is KORT en KRAGTIG en baie goed uiteen gesit met baie gediggies ens ingewerk met oulike leesboekies!
O ja... en dis goeie  WAARDE VIR GELD!


Die oefeninge is eenvoudig en maklik om te doen om vinnig BEGRIP van die letters op te bou en word dan meer gevorderd. My seun het dit MOOI VERSTAAN, sy skrif het verbeter met die skryfwerk en hy geniet die gediggies en voorlees boekies baie. (Wilma)


Die KWALITEIT van die boekies is baie goed – regtig baie beindruk. (Tasmin)


Idiome, woordsoorte, spelling, sinonieme, antonieme, gedigte en nog meer. Omvattend Afrikaans doen duidelik SY NAAM GESTAND. En dan is dit so maklik om te gebruik...geen voorbereiding. Beslis die tipe program vir 'n ma van vier. (Salomien)


Wat ek baie hou van die program is die verskeidenheid klanke, ook MOEILIKE KLANKE en woorde wat geleer word en dat die volume werk nie so vreeslik baie is maar tog BAIE EFFEKTIEF. Sy kan baie moeiliker woorde al lees as wat sy geleer het met ‘n ander kurrikulum.


Baie dankie vir 'n PUIK program!

Dit is vir my 'n kwaliteit  produk met 'n BAIE HOë  STANDAARD.