Inleiding tot Tuisonderrig: 

Die Beter Manier




“Wanneer so baie in die samelewing maak asof dit absoluut noodsaaklik is om 'n publieke skool by te woon, wys hy daar is 'n beter manier. Hy glo eenvoudig dat tuisonderrig die beter opsie is om onafhanklike denkers te skep en natuurlike talente en belangstellings te ontwikkel.”

- Nancy Carter

(Gesê oor John Taylor Gatto in 'n aankondiging van die Old Schoolhouse Expo 2010.)


Tuis 'skool' gaan nie soseer oor 'skool' as wat dit oor die opvoeding van jou eie kinders gaan nie.


Vir baie van ons sal dit alleen 'n groot paradigmaskuif impliseer omdat ons grootgeword het met die konsep dat skool en opvoeding 2 verskillende dinge beteken het. 

Skool het gebeur by die 'skool' weg van die huis en opvoeding was wat by die huis gebeur. 

In realiteit is tuisskool 'n integrasie van die twee begrippe en daarom is tuisonderrig dalk die beter woord.


Die waarheid is dat wanneer jy tuisskool jy besig is met opvoeding en elke keer as jy opvoed 'skool' jy.


  • Dit is 'n wonderlike reis wat jy aanpak in geloof…die pad is nie duidelik gemerk nie.
  • Dit is 'n definitiewe BESLUIT wat jy neem.
  • Dit is nie net 'n goeie idee nie, dit is veel meer as dit.
  • Dit is 'n persoonlike besluit wat jy neem met jou hart, en jou kop volg later.
  • Dis die regte ding om te doen.




Aanhalings van Regte Tuisskolers


Wanneer jy die besluit geneem het om te tuisskool sal jy verbaas wees oor die positiewe gevolge wat jy oes....lees hieronder aanhalings van ander werklike tuisskolers.


"Ek sal nooit my kinders so goed geken het soos wat ek nou doen nie."


"Soos eienaarskap 'n voorvereiste is om te leer deel, is vryheid 'n voorvereiste vir die ontwikkeling van verantwoordelikheid. Tuisskool gee vryheid wat verantwoordelikheid op sy eie tyd laat blom."

(Anette)


"My kind se selfvertroue het dramaties toegeneem. Tuisskool het vrede in ons huis gebring. Leer vind meer geïntegreerd met daaglikse omstandighede plaas. Die belang van moraliteit en normes kan met elke leerfasset gekoppel word om my kind se waardesisteem te help vorm."

(Gerrit)


"Tuisonderrig bring my beste kant en my slegste kant uit..."

(Ilona)




Vir 'n volledige stel boeke wat al jou vrae sal beantwoord, koop die Homeschooling Curriculum Guide series of 7 books.



Beskikbaar op

AMAZON of

KLIEK HIER