Dissipelskap deur Tuisonderrig:
 
Waaroor Dit Eintlik Gaan



Om ons kinders te help groei in hulle begrip van God se genade en liefde, moet ons groei in genade en God toelaat om ons lief te hê, sodat ons heel kan word.


Hoe doen mens dit?


Om die waarheid te hoor is krities. (Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.). Nie alle preke is noodwendig die waarheid of selfs goeie nuus nie.


Wees versigtig met waarna jy luister.




Een van die belangrikste aspekte van dissipelskap is om you kinders te help ontdek wat hulle identiteit in God is.


As ons identiteit in Hom op ‘n jong ouderdom ontwikkel kan word, kan ons baie tyd spaar in later jare soos wat ons probeer ontdek wie ons is.

Ek het meer oor hierdie onderwerp geskryf in die artikel genaamd (regskliek om af te laai) Ontdek jou lewensdoel.


Onlangs het ek ‘n unieke enig-in-sy-soort kurrikulum ontdek wat so behulpsaam was in die dissipelskap van my eie kinders dat ek dit graag wil deel met julle.

Dit is die eerste kurrikulum wat ek ontdek ek wat my behoefte vervul het om die nodige uitleg/leiding te verskaf om my te help om my kind te help ontdek hoe spesiaal en uniek hy/sy is.

God Idee Produksies is ‘n groep in Suid-Afrika wat produkte bekendstel wat kinders help om hulle lewensdoele te ontdek.

Hulle Joernaal van Seënwense, of die 40-les Elke kind is ‘n God idee kurrikulum is ideaal om te gebruik in tuisskool as ‘n jaar dissipelskap studie, wat die ouers toerus om hulle kinders te help ontdek wie hulle is.

Wanneer ‘n kind klaar is met die Joernaal of die Kurrikulum werkboek, sal dit ‘n baie persoonlike, spesiale skat wees om te hou vir die res van hulle lewens. Die Joernaal van Seënwense is ‘n korter weergawe met minder detail, maar dit was vir ons familie baie spesiaal om deur te werk. Lees meer op hulle webtuiste GodIdeas.co.za.