Aanbeveelde Boeke oor Tuisskool




Op die volgende bladsye wil ek graag my keuse van top 5 skrywers oor tuisonderrig aanbeveel. 

Wat my altyd verstom is dat daar verskeie mense is wat dieselfde ding net op verskillende maniere sê, en tog het die wêreld die verskil in nuanses, perspektiewe en maniere van noem, nodig.


Soms lyk dit of mens net hoor wat jy nodig het om te hoor nadat jy dit 'n klomp keer, en van verskeie mense gehoor het! 


So laat ek ook my bydrae lewer deur te deel wat ek gehoor het deur onderstaande skrywers en hulle bydrae tot tuisonderrig literatuur.



Marilyn Howshall

My heel eerste boek wat ek gelees het oor tuisonderrig was Wisdom’s Way of Learning deur Marilyn Howshall. Sy het ook verskeie artikels oor verskeie onderwerpe geskryf en sy en haar man het hulle eie bediening genaamd Intentional Parenting. Vir 'n meer volledige beskrywing besoek Marilyn Howshall.


Sally Clarkson

Clay en Sally Clarkson se boek Educating the wholehearted child is steeds 'n wenner as 'n goeie eerste tuisskool boek om te lees. Hulle baie praktiese advies op die idee van bokse van tyd asook ‘leerareas’ het my gehelp die eerste jare. Vir 'n meer volledige beskrywing en nog boek beskrywings van hulle besoek Sally Clarkson.


Ellyn Davis

Chris en Ellyn Davis se boek genaamd I saw the angel in the marble is 'n wonderlike boek om te lees om te verstsaan wat die tuisonderrig beweging oor gaan. Dit is 'n boek wat jou help dink oor wat dit is wat jy nou eintlik wil bereik en waarmee jy besig is wanneer jy tuisskool en dit is regtig op so 'n manier geskryf dat dit jou aan die dink sit. Om meer te lees oor hierdie boek gaan na Ellyn Davis.


Ruth Beechick

Skrywer Ruth Beechick is wel bekend internasionaal en het 'n hele paar boeke agter haar naam.  Haar bekendste boekies, The Three R’s help mens met die praktiese verstaan van GrR-3 en haar opvolg boek vir Gr4-8, You can teach your child successfully is ook 'n moet lees vir elke beginner tuisskool ouer. Vir meer volledige inligting oor haar boeke gaan na Ruth Beechick.


Robin Sampson

Heart of Wisdom se Robin Sampson is miskien die beste bekend in die herprioritisering van tuisonderrig belange. Baie van wat sy sê maak sin as mens reeds 'n rukkie tuisskool en klaar die gevoel begin kry het dat 'iets kort'.  Om meer te lees oor haar Heart of Wisdom kurrikulum gaan na Robin Sampson.


Ander tuisskool boeke

Ek het ook 'n ander paar boeke wat ek ook geniet het soos die van skrywers Raymond Moore, Karen Andreola (op Charlotte Mason) en Susan Macauley Shaeffer wie se boeke baie bygedra het tot my eie filosofie van onderrig/opvoeding en tuisonderrig spesifiek. Hierdie boeke word hersien as deel van hierdie bladsy homeschool books.




Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad