Oorweeg Jy Tuisonderwys?




Tuisonderwys is ‘n definitiewe groeiende alternatief om jou kinders ‘n goeie opvoeding te gee insluitende akademie. Ek sê dit om uit te lig dat die opvoeding van jou kinders ‘n klomp dinge impliseer insluitende om hulle goeie maniere te leer, lewensvaardighede en karakterontwikkeling. Maar die akademiese vaardighede word gewoonlik na iemand anders verskuif.


Geen opvoeding is neutraal nie. Daar is altyd ‘n agenda, soos daar moet wees. 


Het jy al ooit vir jouself afgevra wat die agenda van die skool sisteem is?

Tuisonderrig is besig om te groei regoor die wêreld.  As jy tuisskool oorweeg, neem die tyd om hierdie eerste 10 stappe wat jou navorsing sal help te doen:



Koop die

Homeschooling Guide

on

Considering Home Education

vir meer volledige inligting!


10 Stappe om Jou te Help Oorweeg


1. Oorweeg jou redes.

Wil jy tuisskool oor filosofiese, akademiese, godsdienstige of geloofs, sosiale of ander spesifieke redes? Jou redes gaan jou Visie bepaal wat jou sukses gaan beinvloed, soos verduidelik in die "7-Step process to improve your homeschool".


2. Doen navorsing op die wette in jou land t.o.v. tuisonderwys bv. Suid-Afrika.


3. Lees, dink en lees en dink weer.

Vir uitstekende wetenskaplike navorsing wat reeds gedoen is besoek my Navorsing en Statistiek bladsy, of besoek my lys van Voordele en Nadele. Om jou te help om die paradigma skuif te maak lees Boeke aanbeveel.

Sommige informatiewe webwerwe sluit in:


4. Skakel en ontmoet ander mense wat tuisskool.


5. Dink deur sommige faktore om die besluit te neem i.t.v. tyd toewyding, dit sal persoonlike opoffering verg, huishouding organisasie, en oorreenstemming tussen man en vrou.


6. Bepaal in watter fase julle is met julle kinders.  Dit sal bepaal wat om op te fokus wanneer. Die verskillende fases is opgesom op Kinder Ontwikkelings fases.


7. Begin ‘n dagboek waarin jy opskryf wat jy en jou kinders alreeds doen.


8. Bid en vra vir wysheid, leiding en vrede. “Die Here is jou Herder om jou te lei en te versorg” Ps23:1.


9. Weet jy is nie alleen nie – leer ken ander mense wat ook vrae vra.


10. Neem die besluit om te tuisonderrig.



Hou aan lees om meer te verstaan oor Hoe om te begin.



Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad