Tuisonderrig:
Jou Bediening van Dissipelskap vir Jou Kinders






"Christelike tuisonderrig is a bediening van dissipelskap." 

– aanhaling uit die boek Educating the wholehearted child.


"Tuisskool is 'n bediening van dissipelskap."

– Ivana Ries (by 'n tuisonderrig voordrag in SA, November 2005)


"Geen hoeveelheid aardse besittings kan ooit tyd geinvesteer in 'n kind se lewe vervang nie."

– Accelerator (ACE publikasie, Maart 1998)




Die Mandaat


As jy kinders het is my boodskap aan jou die volgende:

Ouerskap is jou roeping!

Tuisinderrig is jou bediening. Dit is deel van jou verantwoordelikheid in jou rol as primêre opvoeder van jou kinders.


As jy glo dat die Bybel is die Woord van God om ons te rig in ons lewe hier op aarde, luister en sien hier die mandaat aan ons gegee:

Spreuke 22:6 Gee leiding aan 'n jongmens hoe hy moet leef en hy sal as hy oud is nie daarvan afwyk nie…

2 Tim 1:6 Om hierdie rede herinner ek jou dat jy die genadegawe wat God jou gegee het, soos 'n vuur weer moet aanblaas ….

2 Tim 3:14-15 Bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken die Heilige Skrif van kleins af. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur geloof in Jesus Christus.

Deut 6:6-7 Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy oppad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

Mal 4:6 ...sal vaders en kinders met mekaar versoen.. 




Verlore Potensiaal


Of jy jouself 'n gelowige noem of nie - die mandaat staan steeds en ek glo dat ons rekenskap sal moet gee wat ons daarmee gedoen het. As jy 'n gelowige is, kan die besluit om jou kinders in 'n publieke skool te plaas as 'n RISIKO gesien word wat jy neem. Die risiko is groot en die effekte langtermyn.

  • WIE laat jy toe om jou kinders te DISSIPEL as dit nie jy is nie?
  • WAT laat jy toe wat jou kinders deur ander geleer word?  
  • Is dit gesond? 
  • Is die waardevol? 
  • Is dit waar? 
  • Help dit hulle om hulle skeppingsdoel te ontdek en hulle potensiaal te ontwikkel?


Wat is jou redes om nie te tuisskool nie? Is dit regtig goeie en geldige redes?


As jy wel reeds tuisonderrig doen:

  • Wat leer ons ons kinders regtig? 
  • Is dit deel van die uitvoering van die mandaat? 
  • Help dit hulle regtig om te leer oor God, en Sy liefde vir hulle en om die gawe wat in hulle is aan te moedig?
  • Indien nie, waarmee is ons dan besig?


Ons moet versigtig wees om ons kinders nie te veel TYD te laat MORS deur nie te ontdek wie hulle is nie en waarvoor hulle geskep is nie.


Met te besig wees bedoel ek nie te veel televisie kyk nie. Ek praat van besig wees met dinge, aktiwiteite en die opbou van irrelevante kennis en vaardighede wat nie besig is om hulle potensiaal te ontwikkel nie.

Vir die meeste van ons is die uitdaging nie te min dinge wat ons doen nie, maar te veel!

Spandeer ons genoeg tyd met ons kinders - training them up in the way they should go – in keeping with their individual gifts and bent?


Jou kinders is net by jou vir 'n SEISOEN, so elke jaar wat jy hulle nie bedien nie is 'n verlore jaar.

Vir meeste kinders word LIEFDE gespel as TYD. Is dit moontlik om kinders groot te maak met 'n gevoel van waarde as jy nie tyd saam met hulle spandeer nie?


Sal ander mense dit vir jou kan doen? Wil jy hê ander mense moet dit doen? Hoeveel gee ander regtig om vir jou kinders se lewensdoel en missie? 

As jy 'n ma is en jy spandeer nie tyd aan jou kinders nie - waarmee is jy dan eintlik besig?




Meeste van hierdie vrae is maar net 'n poging om jou te laat dink oor jou eie geestelike groei....

Hoe was jy dissipel? Was dit effektief? Verstaan jy hoe om jou kinders te dissipel?

Die goeie nuus is - jy het 'n keuse.

As gelowige, is enigeiets moontlik. Dit mag soms oorweldigend voel en 'n onmoontlike taak, maar jy doen dit nie alleen nie.

As jy glo in God, dan sal Sy wysheid jou aanmoedig, ondersteun en bemagtig soos jy Hom soek, en jy in verhouding met Hom groei in hierdie proses.

Die wonderlike (en ook angstige) gedagte as jy weet tuisonderrig is jou bediening is as jy begin verstaan dat elke familie is uniek. Daarom sal jou pad nie soos jou vriendin of enige iemand anders s'n lyk nie...jy het nodig om dit self uit te sorteer. Dit is 'n geloofspad.


Ons kan leer by mekaar en selfs gedagtes deel, maar op die einde is dit 'n individuele ding wat jy self moet uitvind.


Wat sê God nou vir jou? Wat moet jy doen en nie doen nie? 

Moenie vergelyk nie.

Vind uit wat God beplan vir jou familie as 'n unieke gesin. 

Wat is die dinge waarvan julle hou om te doen en nie te doen nie?

Wanneer voel jy gemotiveer en bemoedig? Wanneer voel jy ontmoedig en skuldig en vol twyfel? 

Kyk uit vir die tekens van dinge wat jy geniet teenoor die dinge wat jou dreineer....en leer konsentreer wat vir julle as gesin sin maak in die lewe. 


Maak vrede met wie jy is en nie is nie.


Laat ons die mandaat vervul - laat ons ontdek wat is ons missie in hierdie bediening van tuisonderrig!

Nouliks verwant tot hierdie konsep van bediening is Dissipelskap in tuisonderrig, waar die praktiese stap vir stap mee gehelp word.





  • Vir algemene inligting oor tuisonderrig as jy dit oorweeg, gaan na 10 stappe om jou te help besluit.
  • Herinner jouself aan die Voor- en Nadele van tuisonderrig opgesom in tabel formaat.
  • Vir navorsing en statistieke gaan na Navorsing en statistieke.
  • As jy gereed is om te begin met tuisonderrig, sal hierdie 10 Stappe vir oorlewing jou deur die eerste dae help.
  • As jy meer inligting soek oor tuisonderrig in Suid-Afrika gaan na hierdie bladsy.
  • As jy tuisonderrig terminologie beter wil verstaan gaan na die Tuisonderrig Woordskat bladsy.




  • Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad