Tuisskool in Suid-Afrika:

Die Beter Keuse




Koop die

Homeschooling Guide

on

Home Education in South Africa

vir meer volledige inligting!


Of jy dit noem Tuisskool, Tuisonderwys of Tuisonderrig - dit is wettig in Suid-Afrika en is ‘n baie vinnig groeiende mark teen byna 20% per jaar.

Volgens menige media verslae (sien onder), is die onderwys sisteem in Suid-Afrika nie aan die verbeter nie.

Daarom sal ouers in SA moet weet dat die feit dat hulle besluit om hulle kinders in die skoolstelsel te plaas of te hou sal langtermyn gevolge inhou.


Dit is belangrik dat ouers besef dat hulle wel ‘n keuse het in hulle kinders se onderwys model. 


Tuisonderwys in SA is dieselfde konsep as internasionaal en daarom kan die inligting soos verskaf op hierdie webtuiste ook alles gelees word as toepasbaar op Suid-Afrika.


‘n Paar artikels het in die media verskyn wat die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel bevraagteken:

  • Beeld koerant – School Shock, Children cannot read or count
  • Rapport koerant – Qualifications create a false image of literacy
  • Cape Times koerant – Matric not good enough for varsities
  • Rapport koerant – Stop the schoollaw, Quality teaching are endangered
  • Rapport koerant – Exam papers full of mistakes is no joke


Daar was ook ‘n aantal artikels wat tuisonderwys verduidelik en aangemoedig het:

  • Taalgenoot tydskrif - Education options for you children, waar navorsing aangehaal word soos gedoen deur Dr Esther de Waal en Dierdre Bester wat uitwys dat mense kies om hulle kinders tuis te onderrig vir soortgelyke redes as in die VSA. Dit word ook gestel dat daar ‘n paar voordele is tot tuisonderwys, maar dat dit ‘n sterk toegewydheid vanaf die ouers se kant vereis.


  • Beeld koerant – Tuisleerling vaar baie beter het ‘n artikel wat die feit opsom dat Tuisskool kinders baie beter vaar in geletterdheid en gesyferdheid vaardighede as hulle skool tydgenote.


  • Die Pretoria Nuus koerant – The pros and cons of homeschooling, waar tuisonderwys bespreek word as ‘n nuwe neiging soos wat al hoe meer Suid Afrikaanse ouers kies om hulle kinders tuis te leer.


Alhoewel tuisonderwys in Suid-Afrika wettig is, is daar steeds verwarring en klomp vrae van ouers wat dit oorweeg om te tuisskool.

Die Pestalozzi Trust is die nasionale regsbeskermings fonds vir tuisonderwys en voorsien spesifieke inligting rakende die wet in Suid-Afrika rakende tuisonderwys. Hulle doen ook navorsing op ‘n kontinue basis en dis baie sinvol om ten minste een van hulle inligtingsdae by te woon wat hulle aanbied op ‘n gereelde basis.

Hulle kan ook uitgenooi word om ‘n inligtingsessie in jou omgewing aan te bied. Dit is sinvol om die volgende artikels en boekies te lees soos beskikbaar op hulle webtuiste of laai dit net hier af:

Beginner pak

Tuisskool en die wet in SA


Hulle kan gekontak word in Pretoria op tel. 012 3301337 - Bouwe van der Eems en Karin van Oostrum.


'n Sinvolle webtuiste op Suid-Afrikaanse tuisonderwys met algemene inligting is South African Association for homeschooling blog.


Die mees bekende kurrikulum verskaffers in SA word hieronder genoem.


Moet asseblief NIE met hulle skakel voordat jy die 7-stap proses om jou tuisskool te verbeter deurgewerk het nie!

'n Eklektiese benadering word aanbeveel.


Vir verskaffers van Teksboek (soos skool by huis) benaderings (wat ek NIE aanbeveel vir die jonger jare nie)


Vir verskaffers van Eenheidstudies materiale (KONOS) en hoë kwaliteit hulpbonne vir individuele vakke


P.S.  Ek het persoonlik Math-U-See, Apologia en Engels LLATL (Learning Language Arts Through Literature) gebruik van laerskool tot hoërskooljare. Al hierdie bronne is beskikbaar by Oikos.




Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad