Statistiek en Navorsing oor Tuisskool




In baie studies is bevind dat die kwaliteit van onderrig wat by die huis gegee word beter is as dit wat in skole aangebied word.


Soos die bewyse akkumuleer word tuisskool slegs meer gevestig as ‘n geldige en effektiewe onderrig opsie.


Hierdie bladsy gaan sommige navorsing en statistiese inligting weergee om die stelling te ondersteun.



Navorsing in die VSA


Formele navorsing studies is gedoen deur die National Home Education Research Institute (NHERI) in die VSA, sowel as die Home School Legal Defence Association met gepubliseerde verslae wat insluit:

  • "Strengths of Their Own: Home Schoolers Across America."(1997)
  • “Homeschool Report 2009 : Academic achievement and Demographics”(2009)
  • Home Educated and NowAdults: Their Community and Civic Involvement, Views About Homeschooling, and Other Traits
  • “Homeschooling grows up”
  • Research facts on homeschooling


Opsommings van die verslae se mees sinvolle bevinding volg hieronder:

(Let op dat hierdie slegs 'n paar is, vir meer volledige inligting sien die verslae self beskikbaar by NHERI of HSLDA)


  • Die algemene gevolgtrekking was dat tuisskolers steeds hoër akademiese tellings bereik as hulle publieke skool tydgenote – maak nie saak van watter familie agtergrond, sosio-ekonomiese vlak of styl van tuisskool gedoen word nie.


  • Die studie het ook bevind dat dit geen impak het of die ouers enige onderwyser agtergrond het of nie.


  • Tuisskool graduandi is aktief en betrokke in hulle gemeenskappe.


  • Met alles in ag genome sê 59% van die datagroep dat hulle “baie gelukkig” is met die lewe, met ‘n volgende 39% wat sê hulle is “redelik gelukkig” – dit impliseer dat byna alle tuisgeskoolde volwassenes oor die algemeen gelukkig is met die lewe.


  • 73% van tuisgeskoolde studente se perspektief op die lewe is in die algemeen dat die lewe opwindend is vergelykende met die minder as 48% van hulle VSA tydgenote wat die lewe interessant vind. (meer as 50% van nie-tuisskolers vind die lewe vervelig)


  • Tuisskool studente word al hoe meer aktief gewerf deur universiteite of tersiêre instellings.


  • Tuisskolers doen goed, tipies bo-gemiddeld, met metings op sosiale, emosionele en psigologiese ontwikkeling. Navorsing metings insluitende groep interaksie, selfbeeld, leierskap vaardighede, familie gehegtheid, betrokkenheid in die gemeenskap en selfvertroue.


  • Tuisonderrig gee jong mense die ongewone geleentheid om vrae te vra soos, “Wie is ek?” en “Wat wil ek regtig doen in die lewe?”


Ander interessante bevindinge:

  • Die meerderheid van die ouers in die studie is getroud (97.9%).


  • Die families het ‘n gemiddeld van 3.5 kinders vergelykende met die samelewing se gemiddeld van 2.0 kinders.\


  • Die tuisskool ouers se formele onderrig vlak is bo-gemiddeld (maar die tuisskool studente wie se ouers nie eers universiteitgrade het nie, presteer steeds in die 83ste persentiel).



Navorsing in Suid-Afrika


In Suid-Afrika, is navorsing gedoen by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) deur Mev. Dierdre Bester met die volgende opsommende bevindinge:


Kinders wat tuisonderrig word presteer baie beter akademies as hulle skool tydgenote en dat hulle baie goed aangepas is sosiaal gewys.


Tuisskool kinders het

  • ‘n groter sin vir verantwoordelikheid,
  • ‘n positiewe selfbeeld,
  • verbeterde selfvertroue,
  • ‘n positiewe uitkyk op die lewe,
  • meer tyd bestuur vaardighede,
  • eie opinie vorming en beter besluitnemings vermoëns,
  • die vermoë om eie doelwitte te definieer na te jaag en
  • ‘n onafhanklike werk houding.


Bester het ook genoem dat mens nooit moet aanneem dat daar positiewe sosialisering in skole plaasvind nie – die teendeel is meesal waarneembaar.


Tuiskolers openbaar gewoonlik beter verhoudings vaardighede as gemiddeld beide horisontaal en vertikaal, goeie leierskap eienskappe en neem gereeld leiersposisies in, het positiewe rolmodelle, het die geneigdheid om goeie kwaliteit vriendskappe te bou en hulle selfbeeld is nie afhanklik van groepsdruk nie.



Koop die

Homeschooling Guide

on

Considering Home Education

vir meer volledige inligting!



Terug na Afrikaanse Tuisskool Kurrikulum Gids tuisblad